Ope geheim
Hoe wonderbaar is tog die reis
van aardse sielsgenote
Hoe bittersoet die liefdespys
so terminaal gegote
Hoe min sal saam te sterwe kom
die dood sal een afskei
die ander leer die somber som
daar’s een wat agterbly
Die bittereinder se verhaal
geskryf meer as gelees
is eintlik maar so doodnormaal
kan tog nie anders wees
Die doodlooproete van die gade
maak eindelik tog sin
Uit sterwensleed verrys genade
wat reik na oor begin
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.