NUWEJAAR
NUWEJAAR
Pretoria stad se liggies
flikker soos helder flitsies
skyn dit wyd oor die Jakaranda stad
ek droom oor my lewenspad
ons tyd gaan vinnig verby
gaan ek en jy ons drome kry
met pyn en hartseer gelaat
Oujaarsaand het ons pas verlaat
in die donker staan almal en gluur
gekleurde vuurwerke word afgevuur
op die berg staan al die mense hier
die Nuwejaar word nou saam gevier
© Eleen van Deventer Vorster
31/12/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.