
STAD SE LIGGIES
STAD SE LIGGIES Triolet
Helder skyn die stad se liggies
ons liefde blom in die maanlig pad
staar diep in mekaar se gesiggies
helder skyn die stad se liggies
tonne liefde en warm soentjies
droom ons saam oor ons lewenspad
helder skyn die stad se liggies
ons liefde blom in die maanlig pad
© Eleen van Deventer Vorster
31/12/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.