Jongste aktiwiteit:

Leë Simfonie

Koester my in die kelk van die maanlig,
wyl ek nestel in jou hart se holte …
aandnewel versmoor my roep,
hierdie lied voor hartstog geswig.

’n Lied onvervuld – leeg,
slegs maar ’n droom,
hierdie eklips van geluk,
versonke in my eie sfeer.

Smagtend na behoort …
lief, lag – volheid,
aanraking … passievol,
hunkerend, versadigend, akkoord.

Eggo ’n leë klank,
wrang in melodie,
onvervuld hierdie simfonie,
Maestro, musikaal … mank.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed