
leeg
–
die leegheid van my baai
kan dui op spring gety wat aankom
dit is dalk ook net baie lae laagwater
die ontblote klippe lê soos siele daar
siele wat ontbloot word deur iets
totaal buite hul beheer
–
die leegheid van my hart
dui dalk iets traumaties aan
iets wat my soos ‘n dwarswind tref
ontblote feite van my hart oopgevlek
bloot gestel aan almal wat wil lees
totaal buite my beheer
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.