
Flitsmomente
Soen haar eina!
‘n lekker drukkie, jy is my bokkie
soos ‘n ster uit die hemel
het jy in haar hart geval
Vuurwarm het haar wonde begin brand
die liefde het gaan lê op ‘n hoop
mal, versot het sy verlief geraak op hom
min wetende van die dreigende bom
Die vonke spat
beskuldigings word heen en weer geslinger
woorde wat breek, woorde wat seermaak
berge, wat jy mee moet saamleef
wat sonder vergifnis bly
Gooi hande in die lug
gee die stryd gewonne
koue vingers wat jou borskas oopruk
die brandende deel oopkloof,
‘n lewendige beeld van flitsmomente,
tussen dader en slagoffer
“Flitsmomente” Drama
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2022 – Drama projek