Lente
‘Dis heerlike lente,
die winter’s verby’-
die geboorte van
nuwe horisonne
skiet uit die donker
aarde,
met beloftes wat
in die doudruppelsoene
ontwaak.
Sy trek blare
aan met kleurryke
hoop,
soetwynrooi drup
haar vingerpunte,
lewelose blomme
begin wakker skud
onder die sool van haar
voete.
Die bytjies begin
‘n lied van hoop
roer in die
sonopkoms-soetstroop.
want, ‘dis heerlike lente,
die winter’s verby’.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Baie toepaslik ek voel die lewe in jou gedig. Ek sou net die verwysing vd liedjie weg laat. Jou gedig staan in sy eie reg. Ek glo ons leer deur te ander te lees en kommetaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommetaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring te verryk vir almal.