Liewe gister
Liewe Gister
© Ryno du Plessis 2026
Iewers hier op my lewenspad
sit ek sak en pak.
Met ’n lewe vol geleef en baie geleer, sê ek vandag dankie vir dit wat als gebeur.
Onbekend wat môre bring, is ek tog reg vir wat die lewe gee.
Maak nie saak die pad wat ek moet loop. Ek sê dankie vir my geloof.
Met waardering stap ek die wye wêreld in, leer elke dag om weer te sing.
Môre sê ek weer: dankie gister vir wat ek kon leer.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.