Jongste aktiwiteit:

Loop-pop

my loop-pop het gebreek
iets is binne in verkeerd
sy kan nog huil maar nie meer lag
net
huil
huil
huil

haar ogies is nog helder blou
haar lippies rooi en sag
maar ‘n monster het
haar haartjies afgekou
hy
lag
lag
lag

die kuiltjie is nog in haar wang
maar haar lyfie is uitgeteer
haar beentjies hang nou slap
sy is nog ‘n loop-pop
maar kan nie meer
stap
stap
stap




2 Kommentare

  • Loretta Szikra

    Ek hou baie hiervan Elroux - dit laat my aan my eie ou stukkende looppop dink waarvan ekself die hare besnipper het toe ek klein was, en n helse pakslae gekry het.

  • Amanda

    Lieflik! Die gedig is absoluut uniek, kort en aangrypend. Reel 10 en 11 sluit nie lekker aan by die ritme van die gedig nie, en lees amper effens ongemaklik, maar nogsteeds puik! Wek ongekende emosie by mens op en smeek mens amper om hom meer as een keer te lees. Uitmuntende personifikasie. Die gedig tref baie duidelik 'n vergelyking tussen die skrywer en die pop. Mens kry die idee van hoe die skrywer self voel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed