
Melk
kinders van alle gene
in veld of sag kombers
wag op die moedersmelk
warm vars afgelewer
as pure kos
uit gods boesem geskep
is die bron volledig
as bestryding teen
honger, siekte en alleen
vir elke kind
in waspapier kartonne
weggepak in koue kamers
met afgeskeide onderdele
van vet, kalorieë en proteine
bêre ons nou die witwater
as pure kaf
© Koos Elsum
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.