Jongste aktiwiteit:

Moederliefde

my kind
kruip in
onder die vlerke van my liefde
skuil veilig
in die omhelsing van my hart
wees knus
teen my sagte vere van omgee
want
ek is jou moeder
en
jý mý kuiken
wat altyd
in die vlerkspan van my wese
onvoorwaardelik
beskerming sal vind

Etna Wepener ©️




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed