Jongste aktiwiteit:

my baadjie jou jas

my stap vroegmore op die strand
hou dop hoe ligte een vir een aangaan mense ontwaak
hoe die dag strepie vir strepie oor die berg kom
in goud skree more more hier kom die son n nuwe dag
n voorreg om lig te sien terwyl jy die water en die meeue hoor
die luggie is nogal fris sy knyp vertel van die nuwe seisoen
ek het vir die stilsit en stilword n baadjie en koffie saamgebring
maar toe vir die eerste bakhand klaend oor koud het ek die baadjie en die koffie aangegee
ek kon sien hy is verbaas het gewonder toe ek vra moenie dankie sê
doen jy op jou beurt weer vandag iets vir iemand
al is dit net vir een
laat jou doen vir die jas dankie sê
bree glimlag blou baadjie aan wuif hy uitbundig toe ek verby hom huistoe gaan
my gebed eenvoudig dankie Here vir die lig in sy oë en dat ek dit kon sien
oppad dink ek
die jas wat jy aantrek as jy uitgaan
vertel dit van jou van jou voel van jou glo
van jou doen elke dag
as ek sê ek glo en ek volg
praat my dade die selfde taal
vir die mense op my pad
skyn Sy lig deur my
hoor hulle Sy lied in my hart
is my doen swaar of help dit ander se las ligter maak
en die met wie jy skouers skuur en die wat naby jou stap
sien hulle die blou die binnekant van jou hart
weet hulle dat jy hul belange in blou verpak
en ronddra in jou hart

©inblueink 2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed