Jongste aktiwiteit:

‘n Bietjie van dit en ‘n Titseltjie van dat

Bietjie van dit en Titseltjie van dat

Emosies het soveel gemengde skakerings
hulle bruis onverwags op in jou gemoed
en jy wonder soms vanwaar almal kom—
Dalk die sintuie se inwerking om elke
bui van jou gemoed te meng met
‘n bietjie van dit en ‘n titseltjie van dat
of net ‘n knypie van dit of dat vir al die
geheime mengsels se resepte vir jou
wisselende vreemde emosies—
Niemand weet waar die hekseketel in
die gestel gesetel is waar sy disse van haat
afguns, nyd en woede gebrou word nie—
Die Edenstuin waar liefde gekweek word
se lokaliteit is ook nog ongekarteerd
niemand sal dit ooit vind nie en die
liefdesresep is van alle tye af ‘n uiters
kosbare en goed bewaarde geheim,
‘n enigma—

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed