
Lente-daeraad
Duisternis het strak
voor sonstrale gewyk en
nou lê die lunabal
boepens, bleek en skaam
opgerol onder doukombers
ver buite die songeselskap
om tog nie tande te tel,
met stom lippe, ongehoor
maar knipperoog
van sien gesoog;
sikspens drome is reeds
opgewonde gehang
aan die rooi van ‘n
geswelde
perskewang.
© Anzé Bezuidenhout
3 Kommentare
-
neels
Ek stem saam met Ronel
-
LadySoul
Dit is uitstekend Anze!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ronel Janse van Vuuren
Goed gepen. Hou van die beelde wat jy gebruik (en van die foto).