Jongste aktiwiteit:

Kan Auntie vir my ‘n broodjie breek

Liewe Auntie Mona
my hart se binneskeur
is so diep soos die
grand canyon in ‘n verre land
want Auntie sien,
die lewe het sy som gemaak
en die dice het my lot bepaal
Die ding staan dan nou so;
my cherrie het my die grootpad gewys
want sy is oorrompel deur die wit hingsperd
hy strooi stroop en maanlig
soos konfettie in die melkweg en,
ek hang met n gebreekte vlerk
aan die bitterbessiebos*
So hoop ek dan nou dat Auntie dalk
vir my ook ‘n broodjie kan breek en
aan my ‘n pad van vrede kan gee
© Anzè Bezuidenhout
*apologie aan Ingrid Jonker




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed