Jongste aktiwiteit:

MODDER HANGMATTE

Die swaeltjies fladder soos koerantpapiere
vanoggend in die onsigbare wip windgolwe
bokant die verlate stasie rond
waar hulle die onderstebo fondasies
vir hulle modder hangmatte maak.

Hulle ruil skinderstories uit
met die passasiers van die lugstroom treine
wat saam met tyd se wysers
vanuit die Noorde inrol by die vergete stasie
om modder hangmatte te kom maak.

Die natuur se eiendomsagente
trek biesie aktes op
en onderhandel met die paddas by die plaasdam
om modder pakkies te verkoop aan die swaeltjies
wat hangmatte onder die geroeste afdak
by die stasie bou.

… en kom die Winter
hang stukke modder hangmatte
verlate in die wind
en fladder daar ‘n veertjie aarde toe
vir ‘n veldmuis om mee nes te maak.




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed