Najaarsroos
Herfs se roos
blom toe die mooiste,
smeulend pienk
vol vlam en vuur.
Wis sy dalk die seker wete –
hiérdie
is haar laaste uur.
Herfs se roos
laat val haar blare,
sy voel die lou son teen haar vrug.
Sy weet die winter is op hande,
sy glimlag wrang
voor sy berus.
Herfs se roos
is lank nie meer nie
– ‘n droë steel word weggesnoei –
haar kleur en geur nou haas vergete . . .
kom lente,
sal nuwe rose blosend bloei.
C. Shaw
9 April 2015
3 Kommentare
-
-
Kiekies
Ai man dis alweer so mooi!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Pragtig Carma ek geniet altyd jou werk waarin jy blomme en die natuur so pragtig uitbeeld