‘n Boertraan
‘n boer se traan
magteloos op sy knieë
winterwolke soos ‘n toe kraan
nie ‘n enkele druppel nie
grond bereik permanente verwelkpunt
warrelwind wankel
plante is leweloos
‘n boer sonder sprankel
©Roeline
Permanente verwelkpunt (PVP): die punt waar plante nie meer water kan opneem nie, met ander woorde al die plantbeskikbare water (die water wat plante kan opneem) is weg verdamp.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.