Die dood se tyd
jou tyd is in sy hande
lewensgeskenke word aangebied
poog om hom gelukkig te hou
vir ‘n neffens langer lewe
die skaduwee in jou lewe
beloer en betrap en bedrieg
ruik sy dooie asem in jou oor
elk lag of traan vul sy doodsuurglas
gluur en grinnik en grynslag
wag vir die regte oomblik
die dood is jou ander sielsgenoot
elke dag hang sy doodshande om jou hart
niemand staan ‘n kans
as jou dood se tyd kom, kom jou doodstyd
© Roeline
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.