‘n Nuwe Dag
Die kou flou winterson
speel plek plek wegkruipertjie oor rant en kloof,
laat orals donker skadukolle lê waar wit ryp,
verbete probeer klou.
Hoog op, teen ‘n helder sonkol afge-ets…
tussen kierieklapper, raasblaar en mopanie,
staan ‘n eensaam Koedoebul sy rykdom en bekyk…
In volmaakte harmonie met die natuur,
drink hy die nuwe oggend waaksaam in.
‘n Nuwe dag begin
© F Jansen van Vuuren
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Roeline
Dis mooi!