‘n spatseltjie liefhê
Die wildegans hees sy ontstelt’nis luid
oor ‘n vis-arend-skadu-beeld
wat oor die dam se spieëlblad gly;
sy wyfie kras aamborstig uit
dat kuikens onder loof moet bly.
So, asof tyd nog nie geskape is,
rasper ‘n bergskilpad sy dop
op slof’reptiele-pote
oor dorre klip’rig-slote,
sand en klip wat oor sy óérheid gis.
Ondagtig weer in gang, die springhaas
wat potsierlik gat toe hop!
Só dom-onnosel, ongehaas.
Tog roei hy aan op agterpoot se kragtig’skop.
Klein, sélfvergeet, verstil, verdroom
slaap my infante nôiensuiltjie skroom
in die koelvlak van my willevye-boom!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.