Gewonder oor hoekoms en waaroms?
Hoekom lief die blomme heuningbye,
hoekom lê die vrou die man die swye,
hoekom is in elk van ons seer pyne
diepseer in jou hart en ook in myne?
Waarom swier die jeug in jonkweestye,
waarom klots die see op maangetye,
waarom het God met ons medelye
tooi Hy tot die blomme vir die bye?
Hoekom sit die vlees meer aan die dye,
hoekom wei die skape soms in keie,
hoekom klee die Monnik hom in pye,
waarom skurf seisoene oudword tye?
Die hoekoms en die waaroms ry ons krom
maar by ’n antwoord sal ons nooit nie kom!
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Wanneer die mens liefde en harmonie begin verstaan, kom daar minder hoekom's en waarom's na vore.