Totdat die Orion en Sewester ons anker aan die maan
Die na-nagbries kaveer, ravat gordyne
springend’ skadukolle teen die muur
en die ontydiggeboorte van ‘n skyn-seisoen
beginne Eros se bloeddruk wek;
jou lente-lyf lê seile oop in rustigslaap se wind
en jy sweem vir my die uitvaart oor die see…
En op die plek, soos Dias,
rig my boot se boeg behendig rotse deur,
my hande spelend met jou skip se stuur
en ek voel dit in jou lyf se span jy slaap nie meer;
ervaar hoe branderry jy mals déúr min verweer
se deinings saam met my ontdekkingsreis
totdat die Orion en Sewester ons anker aan die Maan…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.