Jongste aktiwiteit:

Nagstilte gedagtes

Nagstilte

As die skadus
langer rek
en son verflou,
kom skop
die verlange
nes…
Die nag, saggies
naderkruip.

As die horison
bloedbevlek
die son groet,
en die skemer
daal…
Die dag, vredig
oorgaan in nag.

Wonder jy ook
soms oor die sin
van die lewe?
Die hoekoms?
Waaroms,
onbeantwoord,
maal-kolk hier binne my.
© Marlene Erasmus
12/08/17




3 Kommentare

  • Inkmoderator

    Marlene, ek hou van jou gedig. Ek het klein voorstelle en gaan die gedig (aangepas) sommer hieronder vir jou plak. Ek verduidelik tussen [ ] hakies waarom ek die verandering voorstel: Nagstilte As die skadus langer rek en son verflou [geen komma nodig] kom skop die verlange nes as die nag [ellips weggelaat. Lidwoord in. Nuwe sinkonstruksie] saggies naderkruip. As die horison bloedbevlek die son groet, en die skemer daal… Die dag, vredig oorgaan in nag. Wonder jy ook soms oor die sin van die lewe? Die hoekoms? Waaroms, onbeantwoord, maal-kolk hier binne my. Kyk hoe ek die eerste strofe aangepas het. Hou jy daarvan? Doen gerus dieselfde met die opvolgende strofes. Wat poësie mooi maak is as ons dit skryf in spreektaal. Soms is bietjie kripsie nodig maar in die meeste gevalle is 'n vloeiende vers (wat lidwoorde / koppelwoorde insluit) lekkerder op die oog en oor. Praat gerus in die inboksie met my hieroor sou jy wou. Skryfgroete IM

  • Marlene Erasmus

    IM - baie dankie..... Ek sal aandag gee aan die advies .... Waardeer... Wysig ek dit ? en plaas dit weer? :) Of hoe werk dit??? Groete Marlene

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed