NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 10
HOOFSTUK 10
Rosa en Raba bereik sy stam na twee dae se versigtige trek deur die woud. Sy word dadelik aanvaar as Raba se vrou en begin die voorbereiding vir die reis dieper in die woud in om na Andries te gaan soek. Ratebe, die hoofman weet nou al waaroor dit gaan en word n geselskap saamgestel om saam te gaan om na Andries te gaan soek. Die geselskap besluit om oor land, al langs die loop van die Amasone rivier, te gaan soek want vir hulle om op die rivier te vaar sal moeilik wees omdat hulle altyd stroom op sal moet roei.
Na drie dae se voorbereidings begin die reis. Twee vroue, onwetend van mekaar, aangevuur deur hulle liefde vir dieselfde man begin mekaar tegemoet reis in die Amasone woud.
Hulle vorder stadig want hulle kan net in die oggend trek. Smiddae word dit te drukkend warm en te uitputtend. Behalwe dit moet hulle dan skuiling soek vir die reën en saans moet daar kos gemaak en geslaap word nadat hulle ge eet het. Gelukkig is hulle beter toegerus as Andries en Nandi en is die vuur maak saans baie makliker as in die geval van Andries en Nandi.
Hulle konsentreer so om hulle pad deur die woud te vind en op die uitkyk te wees vir ander Indiane dat hulle onbewus is van die honger swart luiperd wat hulle spoor opgetel het en op n veilige afstand volg. Dit is die tweede aand wat die hongerpyne begin knaag en hy dit nader aan die geselskap waag. Net buite die ligkring van die vuur gaan lê hy plat en wag dat die geselskap tot rus kom en die vuur verdoof.
Doodseker dat almal slaap sluip hy nader tot by die eerste slapende Indiaan. Die Indiaan word wakker toe die luiperd hom aan die keel gryp maar dit is te laat. Hy kry net n kort bloedstollende gil uit voordat die luiperd se slagtande in sy keel wegsak om die lewe uit sy lyf te laat uitvloei. Verskrik oor die gil sleep die luiperd die Indiaan die woud in want die gil het van die ander Indiane laat wakker word.
Chaos breek in die kamp los toe die Indiane besef wat gebeur het maar organiseer hulle vinnig om die bloedspoor te volg. Hulle het vrede met die Indiaan wat gevang is vir hulle gaan dit nou oor om die luiperd dood te kry om die vel in die hande te kry.
Die luiperd is honger en is dit sy ondergang. Hy sleep sy prooi in n boom in en toe die Indiane die merke sien waar hy sy prooi in die boom ingesleep het is die res maklik om hom op te spoor en met n blaaspypie uit te haal. Nadat die pyl hom getref het is dit net n paar minute voor die gif begin werk en hy leweloos uit die boom uittuimel
Die Indiane is dadelik op hom om met die afslag te begin. Na n hele uur is die vel af en word die karkas rivier toe gesleep om in die water te beland om kos vir die gulsige phiranas te word. Hulle wil nie iets agterlaat op die grond nie want dit gaan net ander roofdiere lok. Die dooie Indiaan word net so in die boom gelos, hulle het vrede met hom.
Die vel word die oggend saam geneem en by die eerste stat gelaat om droog te word en gebrei te word. Vir Raba, as die leier, is dit n kosbare vel om lendeskorte van te laat maak.
Vir Rosa raak dit n moeilike reis want sy is hierdie omstandighede nie gewoond nie. Om met kaal borste te loop kan sy nog hanteer maar die aapvleis en bolle wat hulle uitgrawe om te eet raak soms net te veel vir haar. Snags stink sy vir haarself met die stink salf wat sy moet aansmeer om die muskiete weg te hou. Sy kan dit ook nie waag om in die rivier te gaan was nie. As jy dus wil was moet jy maar n plek langs die rivier soek waar jy kan water uitskep en jou kan was.
Dit is een oggend vroeg wat Rosa besluit genoeg is genoeg. Sy moet was vandag en moet Raba wag staan terwyl sy haarself poedelnakend uittrek en langs die rivier haarself met water wat sy uitskep inseep.
Sy geniet die was so dat sy onoplettend raak en nie die krokodil gewaar wat stadig nader dryf nie. Die eerste wat sy hoor is die fluitgeluid van die pyl wat Raba afvuur en by haar ore verbyfluit om teen die krokodil vas te klap, doodskoot tussen die oë.
Met n gil vlieg Rosa orent terwyl die krokodil in die water wegsak met n bloedspoor op die water wat dadelik die phiranas nader lok. Rosa moet maar tevrede wees om so half gewas weer haar lendeskort aan te trek want dit is nou te gevaarlik om dit naby die water te wag, die bloeddorstige phiranas sal nou enigiets aanval.
Hulle kom laat die dag by die volgende stat aan waar hulle hartlik ontvang word. Raba moet dadelik aan die hoofman gaan verduidelik wat die doel van hulle reis is.
Die hoofman skud sy kop en dan moet Raba die onstellende nuus verneem. Die volgende stam is n vyandige stam en hy sal nie verder kan help nie want sy manne sal botweg weier om saam te gaan. Raba moet ook in gedagte hou dat hierdie stam hom sal vermoor net om Rosa in die hande te kry om vir n Indiaan n vrou te word. Die Indiane wat hulle tot hier vergesel het sien ook nie kans vir verder nie en wil nou terugkeer na hulle eie stam.
Raba besluit om dan maar alleen saam met Rosa verder te gaan. Dit sal n moeisame tog wees en sal hulle net in die nag kan beweeg tot hulle by die stam se gebied verby is. Bedags sal die risiko net te groot wees om hulle in die stam vas te loop.
Hulle rus vir twee dae en dan begin hulle weer die aand beweeg. Om in die nag te trek bring weer sy eie probleme mee. Die roofdiere jag in die nag en moet hulle dubbeld versigtig wees om hulle nie in n roofdier vas te loop nie. Omdat dit so donker is moet hulle ook doodseker maak dat hulle nie op n slang of n giftige insek trap nie. Gelukkig jaag die bietjie lawaai wat hulle maak alles weg. Hulle vorder hulle stadig maar seker en kom onopgemerk by die vyandige stam se grondgebied verby. Eers toe hulle by die vyandelike stam se gebied verby is begin hulle weer in die dag beweeg.
Stadig maar seker begin die twee groepe nader aan mekaar beweeg en Raba het n redelike ideé langs watter sytak die stat moet wees. Volgens die trom boodskappe aan die begin van die reis en die trom boodskappe wat gewissel is om die volgende stam van hulle reis in kennis te stel soos hulle vorder begin hy moed skep dat hulle wel Andries in die hande gaan kry. Die tromboodskappe het ook die boodskap gebring dat Andries van die anderkant af oppad is. Wat hy ook afgelei het van die tromboodskappe is dat daar n meisie saam met Andries is en dit maak hom bekommerd. Wat gaan gebeur as die twee meisies mekaar ontmoet want hy is redelik seker daarvan dat albei dood verlief op Andries is maar hy sê vir Rosa niks daarvan nie. Dit is n saak wat hulle maar tussen mekaar moet uitmaak voel Raba en hy wil nie daarby betrokke raak nie.
Dag vir dag sit hulle die moeisame reis voort, al langs die loop van die Amasone rivier, oornag soms onder die bome en soms in een van die klein statte langs die oewers van die Amasone waar hulle gewoonlik n dag of wat oorbly om te rus van die moeisame tog.
Sonder teenspoed is hulle reis nie. Rosa trap n slag op n skerpioen wat sy gifangel in haar hakskeen inslaan. Toe sy gil van pyn is Raba dadelik by terwyl sy haar been optel met die skerpioen wat nog aan sy angel in haar hakskeen hang. Gelukkig laat hy los en kan Raba hom vermorsel maar die steekplek begin dadlik opswel van die gif. Raba raak baie bekommerd want hy wil nie die bytplek sny en die gifbloed uitsuig nie want dit gaan Rosa n paar dae buit aksie stel tot die snywond dan genees het.
Gelukkig is dit een van die minder giftige spesies en na n uur is Raba redelik tevrede dat dit net die deel om die bytplek is wat vergifitg is.
Die volgende dag het die swelsel gesak en kan hulle hulle reis weer voortsit
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.