Jongste aktiwiteit:

NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 9

HOOFSTUK 9

Met al haar voorbereidings in plek breek die aand aan wat Nandi besluit om met Andries pad te gee. Sy wag net tot almal aan die slaap is toe sy Andries gaan wakker maak.

Andries is binne oomblikke gereed en sluip hulle die stat ongemerk uit. Nandi ken die pad na die plek van die gode en lei Andries na die plek toe nadat hulle al die benodighede wat Nandi gaan wegsteek het opgetel het en in een van die platboomskuite van die vissermanne klim om die deel van die reis tot by die plek van die gode voort te sit.

Hulle bereik die plek van die gode net voor dagbreek, n reusegrot in die wal van die rivier en trek hulle in die grot in. Die skuit word ook in die grot ingesleep en maak hulle seker dat daar geen spore nagelaat word nie.

Dit was n harde trek en nadat hulle die spinnekoope en skerpioene in die grot vermorsel het het hulle nog net die vlermuise wat teen die dak hang vir geselskap
en raak albei uitgeput aan die slaap.
In die stat breek konsternasie los toe daar ontdek word dat Andries en Nandi verdwyn het. By nadere ondersoek maak hulle gou die afleiding dat hierdie vlug n beplande vlug was want nou verstaan hulle die wapens wat verdwyn het en twee houtbakke en lepel asook ander benodighede vermis word

Die hoofman is woedend en gee opdrag dat daar na hulle gesoek moet word.. Soekgeselskappe word georganiseer en die tromme begin die boodskap die woud instuur dat die wit god en prinses Nandi vermis word en dat almal op die uitkyk moet wees vir hulle.

Dit is teen die middag wat Nandi en Andries wakker word. Hulle hoor dadelik die veraf klank van die tromme en Nandi kom dadelik agter dat daar na hulle gesoek word.

“Anres, hulle soek na ons. Ons sal n paar dae hier moet bly totdat hulle opgee om na ons te soek”, sê Nandi.

“Jy ken die woud en sy mense beter as ek Nandi. As jy so sê dan moet ons maar so maak maar dink jy hulle sal ons kry”, antwoord Andries.

Nandi skud haar kop: “Hulle sal nie hier kom soek nie. Hulle is bang vir die plek van die gode. Ons sal net versigtig moet wees in die dag. Ons sal nagdiere moet word om kos in te samel sodat ons bedags stil in die grot kan deurbring”.

Gelukkig het Nandi voorsiening gemaak vir proviad vir n dag of twee en sal dit nie nodig wees om uit te gaan nie. Hulle sal maar skraps moet lewe maar met die plantbolle en stuk gedroogde aapvleis wat sy het maar sal hulle kan oorleef. Water kan hulle uit die rivier uit skep met n houtbak wat sy saam gebring het.

Terwyl hulle geslaap het het die soekgeselskappe begin uitkring in die woud in. Fyn spoorsnyers het gou die spoor na die rivier ontdek waar hulle ontdek het dat en van die platboom skuite weg is. Hulle maak die korrekte afleiding dat die reis rivierlangs voortgesit is en begin hulle al langs die rivier vir tekens soek waar die twee weer aan wal moes gekom het. Hulle vermy egter die plek van die gode en soek in n wye kring om die plek van die gode maar kry niks. Dit laat die gedagte by die Indiane ontstaan dat die twee dit dalk by die plek van die gode verby gewaag het en dat die gode wraak geneem het.
Die vordering van die soektog word verraai deur trom boodskappe wat gedurig deur die woud trek en dit help Nandi om redelike korrekte afleidings van die bewegings van die soek geselskappe te maak.

Vir n week lank kruip Nandi en Andries in die grot weg. Nadat Nandi seker is hulle vermy die plek van die gode begin sy bedags uitgaan om eetbare bolle te versamel. Andries begin jag en kry vir hulle n stukkie vleis in die hande, vier groot pappagaaie wat hy met sy blaaspyp skiet wat hulle die aand gaar maak op n vuur wat Nandi vir hulle aan die gang kry.

Die vuur maak is n hele proses. Sy neem n dun stokkie en boor n gaatjie daarmee in n dikker stukkie hout in. Die wrywing laat naderhand n vlammetjie opspring. Dit is n lang proses want die hout is klam maar uiteindelik slaag sy tog daarin om die vuurtjie aan die gang te kry. Intussen maak Andries die voëls skoon en kan hulle die voëls op n vuurtjie braai.

Na n week kan Nandi uit die trom boodskappe aflei dat die soektog na hulle gestaak word want daar nou beslis aanvaar dat hulle die slagoffers van die gode geword het.

Nandi wil egter die reis in die nag voortsit want geen Indiaan wag dit in die nag in die woud in nie. Sy besluit dat hulle met die platboomskuit verder sal gaan en Andries stem saam daarmee. Alle rivier loop in die magtige Amasone in en as hulle die stroom volg sal hulle wel een of ander tyd naby Manaus uitkom waar die Amasone in die see uitmond.

Na n paar dae kan hulle bedags op die rivier verder gaan want dan sal hulle minder aandag trek. Die Indiane wat hulle wel sal sien sal aanvaar dat hulle op reis is en nie daaraan dink dat dit die vermiste paartjie is nie. Andries se hare en baard het in elk geval so lank gegroei en is hy so bruin gebrand dat hy maklik vir n Indiaan deurgaan.

Intussen vaar hulle met die platboomskuit verder snags en bedags kruip hulle in die hoë bome weg waar hulle die dag maar so slaap slaap deurgaan, een altyd op die uitkyk vir nuuskierige Indiane wat hulle kan ontdek. Hulle is gelukkig en die enkele Indiaan jaggeselskap wat onder hulle verby beweeg ontdek hulle nie want die ape gee pad van hulle af.

Na n week besluit Nandi dat hulle bedags verder kan gaan en dan snags in die woud oornag. Dit is egter n fout aan Nandi se kant en word hulle die eerste dag van hulle dagreis deur nuuskierige Indiaanse vissermanne omsingel toe die hulle gewaar.

Sonder seremonie klim twee van die vissermanne in hulle skuit en word hulle landwaarts geroei waar hulle noodgedwonge moet uitklim en saam met die Indiane na hulle stat toe moet gaan wat feitlik op die walle van die rivier is.

Hulle dialek verskil met Nandi sn maar kan hulle redelik kommunikeer. Sy vertel hulle dat Andries haar man is en dat hulle moes vlug omdat Andries n Indiaan hoofman dood geslaan het wat haar wou onteer.

Vir die Indiane is dit n aartsonde om met n ander man se vrou te lol en sluk die hoofman hierdie storie. Toe hy die storie vir die res van die stam vertel word Andries n held in hulle oë. Daar word ook dadelik besluit dat hulle die twee verder sal help vlug maar dring die hoofman daarop aan dat hulle eers n paar dae moet oorbly om uit te rus voordat hulle verder gaan.

As man en vrou moet hulle nou noodgedwonge saam in n hut oornag en raak dit al moeiliker vir Nandi om haar liefde vir Andries in toom te hou. Snags slaap sy styf teen Andries en is dit vir haar hemels om Andries se warm lyf teen haar te voel. Al wat haar weerhou van haarself ten volle vir Andries te gee is die vrees vir swangerskap en die feit dat sy nie weet hoe lank hulle reis nog gaan duur nie en sy wil nie swanger die reis voortsit as dit nog maande lank gaan duur nie.

Na n paar dae se rus is dit tyd vir afskeid en vaardig die hoofman n geselskap af om hulle te vergesel op hulle vlug reis. Die reis word nou oorland voortgesit tot by die volgende stat waar hulle aan hierdie stam oorhandig word met duidelike instruksies dat hulle alle hulp moet verkry om hulle reis voort te sit voordat die wat hulle vergesel het weer terug keer na hulle stam.

By die stam moet hulle ook n paar dae oorbly voordat hulle hulle reis kan voortsit, tot Andries se blydskap klink dit of hulle oor n paar dae die plek gaan bereik waar die rivier in die magtige Amasone rivier uitmond.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed