Jongste aktiwiteit:

O’ my

Irritasie word as volg gedefinieer as iets wat jou effe kwaad maak of warm onder die kraag; om op gewerk te word of jou humeur so half pad te verloor. Dit is nie die woord wat my emosie beskryf wat ek ervaar met mense wat dink dit is oulik om die naam van die Drie Enige GOD vir wie ek lief is in ydel te gebruik nie. Sit nou maar die T.V aan op enige kanaal, en ek waarborg jou binne ‘n half uur gaan daar êrens iemand die “omg” gebruik. Dit word nou ook sommer lekker gebruik in sosiale media waar dit lekker hip is om te gebruik. Kinders op laerskool gebruik dit al voor hulle ouers en niemand knip eers ‘n oog nie. Soos ek reeds verklaar het in my opening’s sin, is ek nou dik daarvoor. Ek het lank daaroor gaan dink hoekom dit so algemeen vir mense geraak het, om my God en Here se Heilige naam as ‘n krag woord of ‘n ”lekker op die tong sê dingetjie” te gebruik.

Ek weet vir ‘n feit dat toe ek ‘n kind was sou my ouers my werklik met die dood gedreig het as ek dit sou waag. Daar sou vir dae lank vir my tonele van vuur en swaal geskerts word en lang verduidelikings van die term “ween en tande kners” aan my jong gemoed voor gehou word. Maar wat is die verskil tussen my ouers en die ouers van vandag. Hoekom sou my ouers so streng wees oor so iets en vandag is dit mode om so te praat. En die antwoord vir my lê eenvoudig en nie ingewikkeld in twee woorde. Respek, is die eerste woord. Verantwoordlikheid is die tweede een. Maar saam met die twee woorde is daar dinge soos verdraagsaamheid, en toelaatbaarheid. Ons as mense wat ons self Christene noem het ‘n tekort aan die eerste twee, en ‘n oormaat aan die laaste twee. En dalk word die Christendom vandag met reg ontken en onderdruk en sleeks gebruik om sogenaamde volgelinge van die kerk verder aan die slaap te sus. Weens ons vreeslike gemanierde en christelike opvoeding draai ons maar die ander wang. Staan ons maar met ons koppe na onder en laat die wêreld gelate toe om oor ons te loop. Dalk is dit die rede hoekom niemand die Christelike geloof meer êrenstig opneem nie. Is ons dan nie maar net “push over meek and mild” nikswerd mense wat sal staan en toelaat dat mense van ons sê en aan ons doen wat hulle wil nie.

Die bybel leer ons van sout wat laf geword het en wat gebeur as ons, ons self met die semels meng. Wie is nog verbaas as ons hoor dat God ons volk verlaat het, of ons sê ons gebede word nie meer beantwoord nie. Het ons so vermetel geword dat ons nie kan sien waar die probleem lê nie. Kan ons met enige verwagting in gebed vir Hom iets vra, terwyl ons beskaamd staan. Skaam om te erken ons is christene. Skaam om op te staan en iemand te bestraf as hy Sy naam in ydel gebruik neem, en van Sy heilige naam ‘n vloekwoord maak. Nee, God skaam Hom vir ons. Ek weet sommiges sal nou ontevrede begin voel en wil ophou lees wat ek skryf. Lees net dan die volgende paar reёls voor jy op hou. Ek daag jou uit!

Waar was ons toe Jesus kaal voor ‘n hele nasie aan ‘n kruis soos ‘n misdadiger gehang het. Hy was nie skaam om Koning van die Jode genoem te word nie, ook nie om met ‘n kroon van dorings op sy kop sy kruis in die strate te sleep nie. Hy het nie weg gekyk toe die Fariseёrs ‘n mark van die tempel gemaak het nie. My bybel vertel Hy het kwaad geword en die tafels om gesmyt. Hy het ‘n sweep op geneem en die gepeupel uit die tempel uitgejaag. Hy het die wat hom wou vasvra in die tempel op die man af geantwoord, en hulle beskaamd weg gestuur. Maar dieselfde onwrikbare Man het tyd gemaak vir die kinders. Het die siekes versorg, en ook die weduwees het hy gehelp. Hy was dapper genoeg om Sy lewe vir ons af te lê. Ek weet nie van julle nie maar die lesse wat ek hier uit leer is nie dat ‘n christen altyd sy wang moet draai nie. Juis nie. Ons moet die mense wat ons bespot tot verantwoording roep, en ons moet ontwrikbaar wees vir ons geloof.

Om my punt verder te neem, ek het nog nooit gehoor mense gebruik die naam van die mohamadaanse geloof as vloekwoord nie. Hoekom nie? Want ons weet hulle sal dit nie duld nie, hulle sal moord pleeg en bomme plant en heilige oorloё verklaar. En daarom word dit nie gedoen nie. Hulle sal dit nie aanvaar soos ons doen nie, nie eenkeer nie.

Christene wat bely dat hulle die enigste Lewende God dien het baie om te leer daar by. Respek, word verdien, en nie net op aanvraag gegee nie. Verantwoordelikheid is ‘n toewyding tot ‘n lewenswyse. Dit is nie ‘n enkele optrede nie, maar eerder ‘n konstante doelgerigte besluit. As ons dalk net begin om die twee dinge reg in ons lewens toe te pas, het ons ‘n kans om dalk weer deur die wêreld erken te word. Het dit nie tyd geword om ons kinders te leer wat regtig belangrik is nie. Ek roep ons almal wat hier lees tot ‘n vernuwing. En dit begin by ons self. As ons self respek het en verantwoordelik is in ons optrede, en dan verder gaan as dit deur almal wat ons ontmoet met respek en verantwoordlikheid te behandel. My belofte is dit, as ons almal waarmee ons te doen kry met respek gaan behandel, en ons self verantwoordelik gaan hou vir elke aksie wat ons uitvoer, gaan jy jou daaglikse konfrontasies en irritasies ten minste halfeer. En deur dit te doen gaan ons ‘n impak op mense om ons hê. Glimlag volgende keer vir die man of vrou wat jou voertuig se tenk vol maak, en vra hoe dit met hom of haar gaan. Ek belowe jou die reaksie wat jy gaan ontvang gaan jou aanspoor om dit weer te doen. En weer en weer. En voor jy dit besef is jy besig om ‘n geseёnde dag te geniet. Is dit nie wat God bedoel het toe Hy ons beveel het om mekaar lief te hê nie. Hy het nooit gesê ons mag nie van mekaar in kultuur en belang verskil nie. Al wat Hy vra, is om mekaar lief te hê. Wat is dit nou anders as respek en verantwoordelikheid.
Nou wil almal seker weet wat ek gaan doen as ek weer op T.V hoor iemand misbruik die mooiste naam in die wêreld. Maklik, ek sit hom af. En as dit in die werksplek is, of die openbaar? By die werk is dit maklik, praat privaat met die persoon en verduidelik aan hom dit wat hy sê, vir jou nie aanvaarbaar is nie. Niemand hou daarvan om voor ‘n groep aangespreek te word nie. En as hy aan hou? Dan vertel jy vir hom hy ontneem hom sy plek en sy seёn by God, en jou plig is gedoen. Want oordeel kom God toe. Die openbaar is dalk moeiliker, maar onthou net deur in liefde op te tree sal nie sommer die verkeerde reaksie uitlok nie. As jy aan die einde van die dag op jou knieё gaan en die naam van jou Skepper aanroep sal jy merk iets het in jou verander, en in die verhouding wat jy met Hom het sal jy nader aan Hom voel as ooit tevore. Soos die ou kleuterskool lied aan ons gevra het, staan op, staan op vir Jesus!

©Vossie




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed