Jongste aktiwiteit:

Oktober 2023 – KORT projek – UITSLAE & KOMMENTAAR

Baie geluk aan hierdie 15 lede!

GOUD GEDIGTE     

1ste -15   Amanda De meillon met Verlange

2de  – 1    Loretta Szikra met Breekpunt

3de  – 14  Amanda De Meillon met Treurwilger

Eervolle vermelding

7  Elmarie Nienaber Van Kampen met Storm

2  Loretta Szikra met Jy

SILWER GEDIGTE

1ste – 12 Charles Skeen ( Teárlach) met lit

2de  –  5 Pieter Mostert met Redenasie

3de  –  23 Elna Kruger met Dis al

Eervolle vermelding

10 Marlene Erasmus met flitsdrome

20 Jessica Venter met Stem in die wind

BRONS GEDIGTE   

1ste – 6  Etna Wepener met Fier

2de  – 8   Anita van der Walt met Vrede

3de  – 29 Retha Weit met Reën

Eervolle vermelding

4 Anita van der Walt met Son groet

MENINGSTUKKE   

1ste – 4 Ano met Die kortste humeur van die jaar

2de  – 2  Marlene Erasmus met Kortsluiting

3de  – 1  Marlene Erasmus met Daantjie Dinamiet

ARTIKELS     

1ste – 2  Ano met Korste dag of langste nag?

2de  – 1  Marlene Erasmus met Wie is die korste?

3de  – GEEN

RUBRIEKE    

1ste – 4  Ano met Kleine mensies, groot uitdagings

2de  – 1 Marlene Erasmus met Geskiedenis gemaak in net vier sekondes

3de  – 3  Loret Zwarts met Liefde in sekondes

Eervolle vermelding

2 Loret Zwarts met Die korste sin

VERHALE     

1ste – Fanus Strydom met Heilige sakrament

2de  –  1 Marlene Erasmus met Die mistige waarskuwing

GEEN

KOMMENTAAR

BRONS GEDIGTE:

BRONS

Stiltes

Dit is ‘n treffende kort gedig. Die geheim met so ‘n vonk vers is dat dit ‘n grootse “storie” vertel onderwyl daar ‘n drastiese beperking op die woordtelling geplaas word. Jy het dit mooi bemeester. Jy kan gerus “liefdeswoorde” as een woord skryf. Mooi gedoen.

Son groet

Dalk kan jou titel een woord wees. Dit is ‘n treffende kort vers wat ‘n mooi positiewe wens uitspreek. Mooi gedoen.

Fier

Wat ‘n ongelooflike sterk vers wat uitstaan. Dit spreek van innerlike krag en die inhoud is veel groter as die klein woordspasie waarin dit staan. Ongelooflik treffend.

  1. Vrede

Treffend!!

Plaasoudisie

Wat ‘n oulike vers wat raak-raak humoristies is. Wanneer die hadida musikaal klink moet die tarentaal beslis nootvals wees. Mooi gedoen.

Verdriet

Sterk vonkvers. Dit vertel ‘n groter storie. Mooi.

Hartseer

Treffend. Kan ek voorstel jy koppel (hart-breek-verdriet). Só bemoei die woorde sterker. Mooi gedoen.

  1. Soekende oë

Dit is mooi. Ek wonder of die 2 de sin nie verder geknip kan word nie, nl.:

“om die suiderkruis te kry”

Nietemin ‘n mooi vonkvers.

19.Donkerste uur

My voorstel aangaande jou gedig hieronder:Jou gedig is keurig maar met klein veranderinge kan jy dit selfs meer treffend maak.

“in jou donkerste uur
wanneer jy mistroostig na my kyk
sal ek jou dra deur winters –
vat net my hand en jy sal staande bly”

21.Verlang

Jou gedig is treffend. Ek stel net voor dat jy van ‘n komma in die laaste sin gebruik maak. Kort beteken nie dat ons punktuasie moet inboet nie.

25.Wind

Jy het die beeld ongelooflik raak geskets. Mooi gedoen.

  1. Reën

Ek hou van die manier waarop jy punktuasie in jou vers gebruik het. Dit plaas klem op die aksies. Jou vers is kort en kragtig. Welgedaan.

SILWER

  1. Redenasie

Jy het die opdrag van die kort vers vir seker goed verstaan. Ek hou van jou monosteek-vers. Ek wonder net of die ellips (wat dit oop laat) werklik die beste keuse is? Nietemin, jou “baie kort” vers vertel ‘n groot verhaal.

Flitsdrome

Dit is besonders suggestief, wat dit vir my mooi maak. Die vers is kort en kragtig. Mooi gedoen.

Lit

Ek dink jou vonkvers is ongelooflik slim gekonstrueer en intelligent geskryf. Dit is ‘n wenner hierdie.

Blitsliefde

Die herhaling van liefde in die 1ste en laaste reël klink nie mooi in my oor nie.

Probeer, as voorstel:

“met amper geen woorde

skryf ek vir jóú snelakkoorde

soos ‘n bliksemstraal

in liefdestaal”

Mooi gedoen nietemin.

Stem in die wind

Keurig en kragtig.

Tik-tok

Ek dink koppeltekens tussen die tik en tok sou die tempo stadiger maak. In die geval van die klok sou dit beter werk, want dit is mos…tik(asem)tok, nie tiktok nie.

Mooi gedig iedergeval.

  1. Dis al

Dis mooi,

dis keurig,

dis al!

Liefde

Besonders teer en knap.

  1. Bibliofiel

Mooi gedoen.

  1. S.O.S

Die vers is treffend, hartseer, maar raak. Mooi gedoen.

GOUD

  1. Breekpunt

Dit is ‘n meestervers. Nie net is dit goed geskryf nie dit is ook filosofies briljant.

2.Jy

Dit is werklik ‘n kort gedig net soos die opdrag dit vra. Keurig.

7.Storm

Dit is ‘n aangrypende sterk vers in ‘n baie klein spasie. Welgedaan.

9.Jy

Ek weet nie of ek regtig verstaan wat jy in die laaste sin probeer oordra nie. Is dit opkyk met die oog of naslaan? Keurig nietemin.

14.Treurwilger

Pragtig en sterk!

15.Verlange

Hierdie mag my gunsteling wees van al die inskrywings hierdie maand. Dit is so aangrypend en slim aan mekaar gesit; slim deurdink en fantasties mooi.

27.Waarheen

Keurig en mooi.

28.Spore van ‘n mens

Die laaste sin klink asof die woorde slegs gekies is om te rym en maak nie werklik sin in die geheel nie.

30.Dans

Keurige vers. Mooi gedoen.

MENINGSTUKKE

1..Daantjie Dinamiet

Oulike vertelling. Ons ken mos almal so ene.

2.’n Kortsluiting

Die vergelyking met ‘n internetsein is skerpsinning. Mooi gedoen.

3.Die elfde gebod

Ek weet steeds nie wat die titel met die inhoud te doen het nie. Daar word geen melding gemaak wat die “elfde gebod” nou eintlik moet wees nie.

4.Die korste humeur van die jaar

Oulike kort mening.

ARTIKELS

1.Wie is die korste

Interessante artikel. Netjies geskryf.

2.Kortste dag of langste nag?

Mooi artikel. Goed geskryf.

RUBRIEKE

1.Geskiedenis gemaak in net 4 sekondes

Interessante en heerlike lees rubriek.

2.Die korste sin

Keurige rubriek.

3.Liefde in sekondes

Keurig.

4.Klein mensies, groot uitdagings

Teer rubriek wat jou omgee en deernis demonstreer.

VERHALE

1.Die mistige waarskuwing

Jy begin die storie in eerste persoon vertel en dan skielik, sonder rede slaan jy oor na die tweede persoon.  Dit is verwarrend vir die leser. Kies waarin jy die storie wil vertel en bly daarby sover moontlik. Keurige storie nietemin.

2.Heilige sakrament

Jou verhaal is baie goed ontwikkel en die wisselwerking tussen die verhaal en dialoog is soomloos en mooi. Die gebeurtenis is komies, tragedie ten spyt. Baie goed versorgde verhaal. Welgedaan.

Indien julle die wenplasings wil gaan lees klik op hierdie skakel asb: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/ 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed