onder sterre
sondermaanse lug
vergroot elke ster se lig
donker lugruim verdig in mis
hoeveel sterre is daar vanaand
wie sal weet – miskien daar hoog
waar ruimtetuie vlieg kan jy tel
wat verwonderd afkyk op ons
wat hier op die stoepie sit
met komberse om ons
om die koue te wen
wanneer lug verdwyn
sal sterre dalk verdoof
sal ons nie meer
sterre kan tel
of op die
maan
kan
wag
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.