Jongste aktiwiteit:

Ons getroue God

“Gebakte kalkoen, en die Here staan sentraal?”

Terwille van politieke korrektheid word gebeurtenisse vervang met ander name, en is van sy oorspronklike betekenis vervreem. Liefde is losgemaak van danksegging, dit voel kunsmatig en word bymekaar getel deur dinge wat leeg is.
‘n Dankbaarsheids- Sondag het ‘n danbaarheid- oes geword, die hoeveelheid geld wat ingesamel is word mee gespog. Die doel om Dank aan God te betoon, is net ‘n vae herinnering.

‘n Dag van vernedering soos deur President Abraham Lincoln verkaar, die laaste Donderdag in September. Om alles in opregtheid en nederigheid te doen, eenheid en vrede vir alle nasies.‘n Dag van openbare gebed, om Volk en Vaderland te seën.

Oktober 1863, die Verenigde State, kom bymekaar op die dag vir aanbidding, om hulle eie gewetens te stil. Sy Heilige Gees word ingeroep om woede en wrede rebellie te temper, om harte te verander en om die regering te lei met wysheid. Laastens die nasies op die paaie van bekering terug te lei.

Te midde van ‘n burger’oorlog wat lyk vir ander lande of hulle aggressie uitlok, is orde gehandhaaf. Ongeag van die verliese wat plaasgevind het op die slagveld, word verwag van jare met groot toename in Vryheid. Dit alles is genadige gawes van God.

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”

“Laat jou lewe aan die Here oor, Hy sal sorg.”

Praat jou hart voor Hom uit, Hy weet wat jy dink en voel. Jy sal innerlike vrede ervaar, dis ‘n onbeskryflike vrede. Kom ons gebruik hierdie tyd, waarin ons God dank vir Sy seën, vir reën, vir Sy goedheid en genade.

Bid jy nog? Wat dink jy van gebed?

Gebed is om met God te praat, nie net om te vra nie. Daar is gebede wat verhoor word, ander nie. Maar Hy gee die krag om die uitkoms te aanvaar.
Die offer van danksegging gaan jou geloof toets, sodat julle geloof nie vergaan nie, dit word deur vuur gelouter.

“Ek wil hê jy moet in staat wees om sterk te staan.”

Die funksie en boodskap van danksegging, is eintlik ‘n inleiding in Paulus se brief. God se genade doen Hy alles deur Christus, Sy gawes is verbind aan hulle verbondenheid aan Sy Seun.
Gedagte vir die dag. Moet nooit twyfel aan God nie, Hy sal jou nooit verlaat nie.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed