Onvoorspelbaar (Silwer)
Na ‘n vurk voor in die pad
het die noodlot my genooi
die inhoud van haar hande
lukraak voor my gestrooi
by die as
van die reeds uitgebrande vuur
was ek verdwaald,
bang en verwárd
maar jy’t jou menskombersie
knus om my koue lyf kom hang
en die onbekende voor my
lieflik gevorm
soos ‘n hart!
©️Elize Kruger
6 Februarie 2024
3 Kommentare
-
Fanus Strydom
Absoluut beautiful geskryf!! Wow!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek