Keerwal teen die storm Goud
Keerwal teen die storm
Die hand het gedraai
en in ‘n oogwink was daar stormsee
wilde woeste water wat klotsend,
skuimend woede spoeg
op ‘n vuil verweerde boerbokvel
het jou talisman gestotter en gerol…
om en om en om
en voor jou eie voete tot stilstand gekom
heksemeester, jou bene is gekraak
die dolos van ons Meester
is ‘n keerwal wat oor my hawe waak
AmandaDM
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek