Inleidingsnota – Ian Raper
Ink-lede en medeskrywers
Dit sou onbekook wees om te begin asof die skryf van gedigte kunsvlyt is. Ongelukkig is dit hoe baie mense optree, en kom hulle nooit baie na aan die poësie nie, maar lewer eenselwige en voorspelbare veral sistematiese gedigte.
Een van die aanhalings wat mense in my klasse ken, is “Only dullness can kill art” (Robin Skelton, uit sy boek The practice of poetry.) Hiermee word aangedui dat dit een van die kunste is, oud soos die berge en jonk soos die borge? En vir kunswerke is daar geen resep nie; wat ‘n kursus kan doen is om mense te leer lees (goed lees en goeie goed lees), laat luister na die verse wat hulle lees; ook na hulle eie verse. Van Wyk Louw sê dat iemand wat nie die poësie met die oor kan lees nie, dit liewer moet los. Maar kyk hoeveel resensies van digbundels verwys nie eers na die klank nie!
Dan, deur baie oefening, die slyp. Party het al beweer jy leer herskryf, nie skryf nie.
Ek hoop hierdie paar kerngedagtes help!
Ian Raper