Monorym
Monorym is identiese rym op elke versreël wat algemeen in Latynse, Arabiese en Asiatiese lande voorkom en dus slegs een tipe rym regdeur gebruik en slegs ‘n“a” rymskema het.
Hier is my voorbeelde tot monorym in beide Afrikaans en Engels.
Hoe graag sal ek dit wil waag (Asiatiese sonnet)
Hoe graag sal ek dit op ‘n tyd wil waag,
om my motorfiets teen topsnelheid te jaag,
die lewe, my eie bestaan uit te daag
en ek weet dit klink dalk baie vertraag,
maar daar is somtyds tye wat mens graag
op jou motorfiets se tenk lê op jou maag,
die wind sterk voel oor in jou hemp se kraag,
weg breek van dit wat ander soms behaag.
Verkeersmanne is lief vir ‘n hinderlaag
op die pad en stop jou dalk met die vraag:
is jy dalk mal, of heeltemal vertraag?
Jy kan sê ‘n vergadering het laat verdaag,
maar daardie tipe verweer sal nie slaag
en dit klink as verskoning heel afgesaag.