100 Die chiasmus
100 Die chiasmus
Die chiasmus (1) (2) is ‘n inversie in die tweede frase van twee parallelle of soortgelyke frases en daar word dus ‘n frase gestel om herhaal te word in omgekeerde tipe vorm en is dus ‘n kruisstelling. Byvoorbeeld die Engelse frases : “To stop too fearful and too faint to go.”
Natuurlik ken ons almal die gedeelte van John. F. Kennedy se inhuldiging toespraak waar hy sê: “Ask not what your country can do for you, but what you can do for your country.”
Die Bybel is vol van die gebruik van die chiasmus soos in Mattheus 23: 11-12, Mattheus 19 : 30 en die ganske boek van Openbaring wat van die begin tot ‘n middelpunt loop en dan vanaf die einde tot dieselfde middelpunt gaan in daardie boek. Vir die antieke Grieke was die chiasmus die kruising van twee gedagtes. Die Bybel probeer ook blywende indrukke oordra met die gebruik van die chiasmus
Dit het by die tyd gekom (Chiasmus)
Dit het by die tyd gekom
waar elkeen wat Jesus Chistus volg
nie moet vra
wat kan my geloof, my kerk,
selfs God vir my doen nie;
eerder wat kan ek as ‘n volgeling
van Jesus Christus
vir my geloof, my kerk
en selfs tot die diens van God doen?
Waar ons nie slegs moet vra
waar kan ek ‘n bydrae maak
tot die wat arm en werkloos is nie,
maar self die armes en werkloses
kos, klere en bemoediging moet gee.
Dit het by die plek en tyd gekom waar Jesus Christus
die middel punt van my lewe moet wees,
waar ek as ‘n nietige mens
Jesus Christus as ‘n middelpunt moet hê.
Dit is die tyd waar ons
as volgelinge van Jesus Christus
en elke goeie ding
nie net integriteit, eerlikheid, opregtheid
as lewenswyses moet besing nie
en ander wie se lewens na Hom dui
soos die kompasnaald na die pool,
soos die leraar na Jesus Christus moet volg nie
waar dit in ons eie lewens
tot die volle reg moet kom,
waar ons as manne en vroue vas moet staan
aan dit wat reg is, wat eerlik, opreg en goed is
soos die kompasnaald aan die pool
en self ander die weg
tot Jesus Christus moet aandui.
(1) Die inversie / omkeer van woord orde in ‘n herhalende frase. Smith, A.H; O’Loughlin, J.L.N. Odhams Dictonary of the English Language. Odhams Press Ltd. London.
(2) “Inversion of order followed in first (I cannot dig, to beg I am ashamed). Greek Khiasmos cross arrangement; it follows as Khiazo making the letter khi (shaped as a Enlish X.).” Fowler, H.W.; Fowler, F.G. The Concise Oxford Dictionary of current English. Oxford. 1956.
Titel: Die cinquain (stof en tegniek 102)
Die cinquain bestaan uit vyf rymlose versreëls van twee en twintig lettergrepe.
Die eerste versreël is die titel, wat uit twee lettergrepe bestaan.
Die tweede versreël het twee woorde, wat die titel beskryf en bestaan uit vier lettergrepe.
Die derde versreël het drie woorde, wat die aksie uitdruk en bestaan uit ses lettergrepe
Die vierde versreël het vier woorde, wat gevoel uitdruk en bestaan uit agt lettergrepe.
Die vyfde versreël herroep die titel en bestaan uit twee lettergrepe.
.
Die Amerikaanse digter Adelaide Crapsey het met die cinquain vorendag gekom en van haar gedigte is natuurlik goeie voorbeelde van hierdie versvorm. Suzanne Honour se gedig “A Threat” en Leo McGarry se gedig “Guilty” is goeie voorbeelde van hierdie soort gedig.
Hier is my pogings tot die cinquain in Afrikaans en Engels:
Donderweer (cinquain)
donder;
blou energie
waarvan vlamme knetter
maak almal vreesbevange vir
weerlig
Thunder (cinquain)
Thunder;
blue-white energy
flashing downward sizzling,
frightens everyone of blazing
flashes.