Jongste aktiwiteit:

101 Die clerihew
vir

101 Die clerihew

101 Die clerihew

Die clerihew is ‘n humoristiese gedig wat gewoonlik biografies is en was geskryf deur die Engelse speurverhaal skrywer Edmund Clerihew Bently. Dit is kaprisieus, maar is nie obseen of afbrekend. Dit bestaan uit vier versreëls die eerste versreël gee gewoonlik die naam van ‘n persoonlikheid / kennis/ familielid of dalk ‘n troeteldier. Die eerste en tweede lyne rym met mekaar en die derde en vierde lyne rym ook mekaar vir komiese effek en dus is die rymskema: aabb.

Hier is Afrikaanse en Engelse gedigte wat ek in my pogings tot die clerihew geskryf het.

Pragtige Marilyn Monroe (Clerihew)

Pragtige Marilyn Monroe
dra ‘n rok wat aan haar lyf vasklou,
die manne gaap haar aan,
maar die president maak of sy nie bestaan.

Skone Cleopatra (Clerihew)

Beeldskone Cleopatra
bid vir haar god ‘n mantra
en as sy die man van haar drome sien,
wil sy hom veel eerder dien.

Ou president Clinton (Clerihew)

Ou president Bill Clinton
kyk na die meisies op Clifton,
sien hier en daar ‘n vrou
waarvan hy waaragtig hou.

Old president Clinton (Clerihew)

Old president Bill Clinton
looks at the girls on Clifton,
notices here and there a lady
but does nothing shady.

Old sir Gordon Davy (Clerihew)

Old sir Gordon Davy
bought himself an entire navy,
but there was a big commotion
when he tried to get the whole lot in motion.

Edmund Clerihew Bently (clerihew)

Edmund Clerihew Bently
is suddenly from his writing free,
hears someone on the radio sing,
decides a whimsical poem is just the thing.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed