Jongste aktiwiteit:

102 Die diamantes
vir

102 Die diamantes

102 Die diamantes

Die selfstandige naamwoorde waarmee hierdie gedig begin en eindig kan op ‘n manier verband hou of met mekaar of teenoorgesteld met mekaar wees. So gaan mens van ‘n onderwerp aan die begin van die gedig tot ‘n ander onderwerp aan die einde daarvan.

Versreël 1: ‘n Selfstandige naamwoord.

Versreël 2: Twee byvoeglike naamwoorde wat betrekking op lyn een se selfstandige naamwoord het.

Versreël 3: Drie werkwoorde wat op die eerste versreël se selfstandige naamwoord betrekking het.

Versreël 4: Twee selfstandige naamwoorde wat op die eerste versreël se selfstandige naamwoord betrekking het en twee selfstandige naamwoorde wat op versreël sewe se selfstandige naamwoord betrekking het.

Versreël 5: Drie werkwoorde wat op die selfstandige naamwoord in die laaste versreël betrekking het.

Versreël 6: Twee byvoeglike naamwoorde wat betrekking het op die sewende (laaste versreël) se selfstandige naamwoord.

Versreël 7: ‘n Selfstandige naamwoord

Voorbeelde in Afrikaans en Engels van my eie gedigte:

s.nw ek
b.nw b.nw verras ontnugter
ww. ww. ww. soek vind ontmoet
s.nw. s.nw. s.nw. s.nw. meisie, metgesel, kameraad, vrou
ww. ww. ww. soen omhels groet
b.nw b.nw verbaas besorg
s.nw jou

Ek tot jou (diamantes)
ek
verras ontnugter
soek vind ontmoet
meisie, metgesel, kameraad, vrou
soen omhels groet
verbaas besorg
jou

Man to live (diamantes)

Man
friendly, excited
scheming, hunting, working
woman, vehicle, job, house,
motor-biking, parachuting, scuba-diving
devoted talented
life.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed