Jongste aktiwiteit:

104 Die Lys
vir

104 Die Lys

104 Die Lys

Hierdie soort gedig bestaan gewoonlik uit ‘n lys items of gebeure en is gewoonlik sonder oorgang frases. Dit kan enige lengte wees en rymend of nie rym nie.

Hier is my poging van ‘n gedig wat uit ‘n lys bestaan:

Toe ek die deur oopmaak (lys)

Toe ek die deur oopmaak
vind ek:

drie polisie karre (met flitsende ligte),
een polisie kar (waarvan die alarm skreeu),
nege polisiemanne (by die tuinhek),
tien van die bure (wat toekyk),
twee honde (wat brullend beskerm)
drie donder slae (wat kort opmekaar volg),
‘n stortbui reën (wat alles nat maak),
een polisieman (wat skreeu)

en die rede vir dit alles:
jy wat ‘n vals aanklag gaan lê.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed