Jongste aktiwiteit:

105 Die espinela / décima
vir

105 Die espinela / décima

105 Die espinela / décima

Vincente Martinez de Espinel (c.1551-1624) ‘n Spaanse digter, skrywer en musikant het met hierdie vers vorendag gekom. Die espinela kom steeds algemeen as ‘n versvorm in Puerto Rico voor en daar staan mense wat die décima skryf bekend as ‘n decimista of decimero. Die espinela word geskryf, gelees en gesing dwarsoor Suid-Amerika.

Die espinela ook bekend as die décima is ‘n gedig met tien versreëls, met agt lettergrepe per versreël. Daar is ‘n kwatryn van vier versreëls wat deur ‘n stansa van ses versreëls gevolg word. Die rymskema is abba / accddc.

Pedro Calderón de la Barca het van die stansas van “Life is a Dream” as espinelas geskryf.. Nicomedes Santa Cruz het gedigte oor die lewe en kultuur in Peru in die Espinela versvorm geskryf.

Maggie Crouch se gedig “This Time,” Robert Brando se gedig Espinela, Antony May se gedig Job Hunt en Ashley Jordan se gedigte “Soul Mate” en “Living Well” is almal goeie voorbeelde van hierdie soort gedig.

Hier is my pogings tot die espinela in Afrikaans en Engels:

Egskeiding (espinela)

Te skielik is ons tyd verby,
herinneringe wat ek onthou
bly gedurig aan my vasklou,
dinge intiem tussen jou en my

wil nie maklik ‘n einde kry,
daar is verraad in elke woord,
met verdeling is ons akkoord,
geheimsinnig wag jou minnaar
waarna ek toe vyandig staar
want ek voel baie lus vir moord.

Suddenly recalling the past (Espinela)

Suddenly recalling the past,
as coming to life from within,
I dream of you against my skin,
feelings are in sheer contrast

but the summer days cannot last,
far too swift comes the early night
with flames dancing in the firelight,
I am lonely at the fireplace
while I remember your sweet face,
that disappears, are gone from sight.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed