106 Die Siciliaanse Septet
106 Die Siciliaanse Septet
Die Siciliaanse septet het dieselfde tyd as die sonnet ontstaan. Dit is ‘n sewe versreël gedig, maar kan ook in stansas van sewe lynige eenhede geskryf word. Die rymskema is abababa met tien lettergrepe per versreël.
Hier is my poging tot die Siciliaanse septet in Afrikaans en Engels:
Daar is iets wonderlik aan eerste lig (Siciliaanse Septet)
Daar is iets wonderlik aan eerste lig,
iets vrolik en vry as dit somer is,
iets groots as voëls roep en ietwat innig
op en af fladder met ‘n soort kennis
en buite is insekte aanwesig,
klein diertjies soos elke blou akkedis
wat almal juig voor God se aangesig.
At the first sign of early morning light (Sicilian Septet)
At the first sign of early morning light
there is something strange and incandescent
that is disposing of the darkest night
and when it is over, suddenly spent,
my very own eyes have got the first sight
of a new day that is from heaven sent
and everything is crystal clear and bright.