Jongste aktiwiteit:

108 Die Quintain en Siciliaanse Quintain
vir

108 Die Quintain en Siciliaanse Quintain

108 Die Quintain en Siciliaanse Quintain

Die quntain is die gewildste vorm van die quintet en het geen vasgestelde maat of aantal lettergrepe per lyn nie met die volgende rymskema : ababb

Ryter Roethicle se gedig “Fields we have planted” is ‘n baie goeie voorbeeld van hierdie versvorm.

Hier is my pogings in Afrikaans en Engels tot die quintain:

Net duskant Gordonsbaai (quintain)

a Net duskant Gordonsbaai
b waar varkore blom
a het ek haar af gaan laai
b my vir ‘n oomblik aan die natuur verstom
a maar sy het in my arms in gedraai.

As ek by ouma kom (quintain)

(vir Suné Strydom)

As ek by ouma kom
is daar altyd iets wat ek by haar kry,
draai ek haar om my pinkie om,
terwyl ek op haar rug perdjie ry
want ouma is uiters baie lief vir my.

My ouma raak al stok oud
wil my van liewe Jesus leer
raps partymaal my op my boud,
waar ek met my handjies keer
en daardie kattekwaad sal ek nooit weer probeer!

The night is starting (quintain)

The night is starting
while the blue is slipping away,
gleaming crimson the sun is departing
while its lasts rays decay
and suddenly it is the end of day.

Die Siciliaanse quintain word met tien lettergrepe per lyn geskryf en hierdie versvorm was deur heelwat bekende digters gebruik. Ryter Roethicle se gedig “And on and on it goes, on through endless time” is ‘n goeie voorbeeld van hierdie versvorm.

Die rymskema van hierdie tipe quintain is ook ababb.

Hier is my pogings in Afrikaans en Engels tot die Sciliaanse quintain:

Sy het na my gekyk (Siciliaanse quintain)

Sy het na my gekyk, my oë gevind,
met haar lippe nader aan my gekom,
toe die wind ons weg wil waai, ons verblind
en was ek senuweeagtig en dom
skaars ietwat ouer as ‘n blote kind.

Perfect love (Sicilian Quintain)

Perfect love is such a strange kind of thing
in a way a kind of sublime paradigm
where we are searching something unending
that still stays even through the end of time,
as if it is eternally living.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed