111 Binne – buite digkuns
111 Binne – buite digkuns
Binne en buite digkuns beskryf in die eerste stansa hoe ‘n persoon dink dat ander hom of haar sien en fokus op dit wat daardie persoon nie eintlik van hou nie. Die tweede stansa beskryf dan die persoon se gevoelens van binne of hoe daardie persoon droom dat dinge moet uitwerk.
Hier is my poging tot ‘n gedig in binne en buite digkuns:
Mense sien my aan (binne en buite digkuns)
Mense sien my as oorwegend geldend,
iemand wat in teenkamping ‘n standpunt inneem,
die motorfiets ryende, valskerm springende waaghals,
die gewese soldaat wat moedswillig hardkoppig is
wat die regering of enige iemand aan sal vat
en as ek my digkuns verdedig word ek vertel
dat ek psigiatriese behandeling benodig,
in die pad moet gaan abluseer,
moet wag tot ‘n kar my op die snelweg trap,
‘n gepubliseerde bekroonde digter het gesê
dat ek my siel verkoop vir die wense van my lesers,
dat my digkuns uiters swak is,
vinniger geskryf word as wat enige een kan tik
en totaal sonder vakmanskap is,
dat ek nog nie verby die skool vlak gegaan het nie,
ek is vertel dat ek polities nie korrek is nie,
dat ek haat spraak versprei,
terwyl ek die ware waarheid ontbloot,
terwyl ek binne in my vrede van vyandskap wil hê,
‘n kans om te lewe in vreedsaamheid,
om ‘n regverdige en ordentlike lewe te lei,
‘n plek soos almal in die son soek,
om gedigte te skryf netsoos wat ek wil,
om rym of vrye vers te gebruik
of enige ander soort poëtiese vorm
en ek probeer gedurig nuwe vorme,
probeer gedurig my vermoëns verskerp,
ek probeer gedurig
om ‘n beter persoon en digter te word.