Jongste aktiwiteit:

118 Die Sidiliaanse septet
vir

118 Die Sidiliaanse septet

118 Die Sidiliaanse septet

Alhoewel hierdie versvorm nie veel deur die hofdigters gebruik was totdat dit verskyn het in Engeland in die vyftiende eeu, het dit soos die terza rima in die oorspronklike vorm geen vasgestelde metrum gehad nie. Later het die Engelse digters hierdie versvorm geformaliseer en was jambiese pentameter gedurig daarin gebruik. Die rymskema is:
abababa

Maryse Achong se gedig “Life’s Lesson,” Divena Collins se gedigte “Eternal Love,” “Etude,” ”When,” Jem Farmer se gedigte “Beethoven’s Moon,” “Hell’s Wreath,” “Kaiserin,” “Septet of Annfwn,” “Sitting on the Staircase,” “Thank You,” Ryter Roethicle se gedigte “Bach’s Cello,” “Duel,” “Found from Lost,” “I Have Known You,” “Just a ghost at midnight,” “No Reason,” “On Waking,” “Questions of Love,” “Usual Dung,” “Waking Sky,” “Zero Promises,” Leny Roovers se gedigte “Insanity,” “Mirrors,” “Thoughts,” “Weeding” en Nia Wynne se gedigte “Hound of Love” en “Lion of Time” is goeie voorbeelde van hierdie versvorm.

Hier is my pogings tot die Sisiliaanse septet:

‘n Soort ontmoeting (Sisiliaanse septet)

In my dieptes is jou donker oë opsoek,
tref jou sagte parfuum my baie skielik,
die oomblik draal lank as vroue saam kloek,
jou hand is in myne byna aanhanklik
en my ander hou ‘n gekreukelde sakdoek,
jy glimlag skielik verskriklik aandoenlik
en ons is soos karakters in ‘n draaiboek.

Buite sif die reën reeds die winter lank (Sisiliaanse septet)

Buite sif die reën reeds die winter lank,
as jy nou sluimer ruk die woeste wind,
fladder duiwe skielik op die tuin bank
maar jy is snoesig en veilig soos ‘n kind;
waar die bogainvillaea teen die venster rank
probeer ‘n voëltjie sy klein nessie vind
en uitgestrek is jou arm soepel en slank.

Snoesig lê jy teen my in jou diep slaap (Sisiliaanse septet)

Snoesig lê jy teen my in jou diep slaap
met lokke vallend oor jou mooi gesig
waar ek oomblikke jou skoonheid aangaap
kom my hele wêreld in ewewig
as jy omdraai skielik my hand opraap
maak diep passie jou intens bewerig
en vêr weg buite blêr ‘n enkel skaap.

Dis lente en buite bars nuwe blomme uit (Sisiliaanse septet)

Dis lente en buite bars nuwe blomme uit
die soet geur van jasmyn dryf op die wind,
daar beweeg daar ‘n mossie by die ruit,
ek is lank deur jou blote skoonheid verblind
en jy is in my bed, my lieflike bruid,
as ons vurige passie met mekaar vind
oomblikke lank by die ewigheid aansluit.

In die laatnag val die reën fluisterend (Sisiliaanse septet)

In die laatnag val die reën fluisterend
bloeisels op takke beweeg in die wind
vir die kleinste geluid is ek luisterend,
asof ek in die duisternis iets kan vind
vir oomblikke is die nag kluisterend
voel ek weer eens onskuldig soos ‘n kind
maar steeds bly die lewe verduisterend.

As oomblik met oomblik sinchroniseer (Sisiliaanse septet)

As oomblik met oomblik sinchroniseer,
as ons bewegings eie karakter kry
kan ons nie die innige vuur keer
kom ons passie vurig, intiem en vry
val dit soos lente reën op die aarde neer
is daar iets bindend tussen jou en my,
is ons in ‘n wêreld weg van die seer.

Toe jy nader kom (Sisiliaanse septet)

Toe jy nader kom was voëltjies opgejaag,
het die son op jou donker hare geglans,
het ek op die oomblik geen woorde gewaag
het daar klein duiwels in jou oë gedans
was die hele wêreld om ons skielik vaag,
was iets diep in jou donker oë weg verskans,
het jou koms my verskriklik baie behaag




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak