Jongste aktiwiteit:

120 Die geslote “enclosed” triplet
vir

120 Die geslote “enclosed” triplet

120 Die geslote “enclosed” triplet

Die geslote “enclosed” triplet is nogal interessant en as die aba / bcb formaat gebruik word vorm dit die basis vir die sisiliaanse triplet en terza rima, maar dit word moeiliker as mens ingeslote woorde gebruik vir kontinuïteit waar woorde en lyne herhaal word soos in my gedig Rose hieronder, my Engelse gedig “Roses” en Divena Collins se grootse gedig “Feelings.” Soort gelyke rym kan ook bindend gebruik word en ‘n versreël in die slot herhaal word. My gedig “Watse soort omstandighede het my gebring?“ is ‘n ander soort variasie op hierdie versvorm.

Divena Collins se gedig “Mei Long (sleeping Dragon) en Ryter Roethicle se gedigte “An Illusion,” “Darkness Looms,” In Another Place,” Moonlight,” en “Nature and Christmas” is goeie voorbeelde van hierdie versvorm.

Hier is my pogings tot die geslote “enclosed’ triplet:

Rose (geslote triplet)

Daar is diep rooi rose wat blom in die reën,
dié reën val as lente die winter vervang,
niks vervang hoe ek jou mis vir dae aaneen

as rose aaneen in prag aan takke hang,
hang soveel af van die boodskap wat ek stuur,
wat ek stuur om weereens jou oog te vang.

‘n Groot ruiker rose bring ek vir jou
om met jou op te maak, as ‘n geskenk,
‘n geskenk waar ek my liefde vertrou,

wat ek vertrou as ‘n toets van jou hart,
jou hart kan reageer in saligheid,
sonder saligheid kan als eindig in smart.

Niks kan liefde verwyder as jou oë skyn
met ‘n eie prag, jy vinnig in my arms kom;
die diepte van liefde laat my vrees verdwyn

Die Cassinga sprong (geslote “enclosed” triplet)

Op die gesigte van jong manne was vrees
sommiges was gespanne in die hanger
toe ons toerusting nagaan, ander bedees,

een van hulle was ‘n regte terggees
wat gedurig poetse bak, grappe maak,
sommiges het uit die Bybel voorgelees,

‘n tipe van dapperheid was die tydgees
toe ons in die groot herkules weg vlieg
‘n bevelvoerder instruksies weer uitlees,

ek was van alle vrees skielik genees
toe ‘n valskerm soldaat regoor my kots;
toe ek spring kramp my achillespees,

brul ‘n lugafweer kanon diep hard en hees
toe ek van skerpskutters in bome vuur trek,
in ruigtes land, hul hoor roep in portugees,

een half mal uitstorm soos ‘n woedende bees,
my ligte masjiengeweer korte mette maak
van enige iets vyandig, van bloed en vlees,

en ek was meer masjien as mens gewees
toe ‘n B-10 kanon op ons begin skiet,
met my kameraad woedend soos ‘n aardgees

toe ons veg met aangeleerde idees,
met handgranate en akkurate vuur
die dood in die oë van vyande lees,

vir ‘n genadelose god was dit ‘n fees
toe ek self begin braak, die dood ruik,
op die gesigte van jong manne was vrees.

Watse soort omstandighede het my gebring? (geslote “enclosed” triplet)

Watse omstandighede het my gebring
tot hier ‘n ontstaan,
op ‘n planeet waar dood deur alles dring,

na ‘n wêreld waar alles verval,
waar die dood bestaan,
tot hierdie plek in die ganske heelal;

ek kon dalk aan God se eie voete dien,
daar reg voor Hom staan
in die ganske ewigheid se groot miskien?

In opregtheid wat in myself ontspring
wil ek oë opslaan;
watse omstandighede het my gebring?




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed