Jongste aktiwiteit:

122 Die “grook”
vir

122 Die “grook”

122 Die “grook”

Die “grook” is ‘n gedig met ‘n aforisme (1) wat tekenend is met ironie, paradoks, kortstondigheid, die presiese gebruik van taal, gesofistikeerde ritmes en ryme en baie keer is dit satiries van aard

Hier is my “grook” tipe gedig “Asimmetrie” met “om kop te hou” as die aforisme:

Asimmetrie (Grook)

Niks kwel so erg
soos ‘n verkeer ophoping
wat die uitsig van die snelweg verberg
en om nog kop te hou is ‘n aardige tipe ding
met lorries wat brieke aanslaan
sodat hulle sleepwaens heen en weer gaan,
die een of ander ryk sot op kokaïne wat verby wil skiet
voor aankomende verkeer in, waar ‘n wit lyn dit verbied
en dan probeer insny
waar daar geen spasie is en mens byna van die pad af ry
maar koel soos ‘n komkommer hou jy kop
terwyl jy self met jou kar moet stop.

Voetnotas:

(1) “Kernagtige, pittige sin, gesegde, spreuk, byvoorbeeld rus roes” Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak