Jongste aktiwiteit:

124 Die septilla / Spaanse septet
vir

124 Die septilla / Spaanse septet

124 Die septilla / Spaanse septet

Die septilla of Spaanse septet is ‘n gedig met sewe versreëls wat oorspronklik agt lettergrepig geskryf was maar ook dekalettergrepig (tien lettergrepe per versreël) of in jambiese pentameter geskryf mag word.

Die rymskema mag aabccba of abbacca wees.

“Sedars” en “Bullfight” van Leny Roovers en Divena Collins se gedigte “Able Male Needed,” “Dreams of Love,” “I Remember,” “Natures Serenity,” “Of Spring,” “Only Love,” “Over Heated,” “Paradise Lost,” “Reborn To Nature,” “Rocking Horse,” “There Shall be Light” en “Where Angels Tread” is goeie voorbeelde van hierdie versvorm.

Hier is my pogings tot die septilla / Spaanse septet in Afrikaans:

Verliefdheid (septilla / Spaanse septet)

Teen betowering kon niks my genees
toe ek tekens van liefde in jou oë lees,
toe daar iets broos en breekbaar in jou is,
jou handjie sag en koel in myne lê;
toe kon ek self byna geen woorde sê,
toe vind ek skielik ‘n verbintenis,
toe word ek gevang in bloed en vlees.

‘n Fosfor projektiel ontplof (septilla / Spaanse septet)

‘n Fosfor projektiel ontplof
brand soldate tot stukkies stof
as ‘n vyandelike tenk vuur,
‘n Ratel tref in helder gloed,
sissend brand dwarsdeur seuns se bloed
word dit ‘n ontsettende uur
waar menslikheid geheel verdof.

Ametis (septilla / Spaanse septet)

Ek het ‘n klip gekry wat pers sprankel dans;
wat koud, byna sielloos in my hand lê;
kristal op kristal wat van prag iets sê,
met skoonheid vasgevang in ‘n diep glans;
tog was dit van waarde vir my alleen
as ‘n soort skitterende half edelsteen,
‘n ding met ‘n eie soort stralekrans.

Digter (septilla / Spaanse septet)

(na Elisabeth Eybers)

Soos klein druppels water wat lewe bring
het sy eie woorde wyer uit gekring,
hom na dieptes van die afgrond gevoer,
hom vertel van liefde, haat en wraak;
van hoe om iets groots met woorde te maak;
later van uit ‘n venster na hom geloer,
toe was hul teenwoordig in elke ding.

[Verwysing: “Digter” deur Elisabeth Eybers.]

Pygmalion (septilla / Spaanse septet)

In Galatea het Venus trou bewys
terwyl hy elke vrou tot intensie haat,
hy geen een kon kry as sy eie maat,
sy meesterskap het hy daarin gewys,
uit marmer die perfekte vrou onthul,
toe gebid dat iemand sy lewe aanvul
hamer slae het ‘n vrou laat verrys.

Die hart vertrou te maklik soos ‘n kind (septilla / Spaanse septet)

Die hart vertrou te maklik soos ‘n kind,
word deur skoonheid en intiemheid verblind
tog kan dit iemand reg in die oë kyk,
die diepte van ewige liefde verklaar,
lewensbelangrike geheime bewaar
met ‘n vaste blik wat voor geen een wyk,
‘n soortgelyke persoon deurgrond en vind

Herinnering van my eie kindertyd (septilla / Spaanse septet)

Herinnering van my eie kindertyd
is deel van die vergane ewigheid
wat in die gang van al die jare verdwyn
word in drome soos skadus teen die muur,
brand in gedagtes met ‘n innige vuur
as ‘n tekening van geluk en pyn
met noodlot se eie opsetlikheid.

Spinnekop wyfie (septilla / Spaanse septet)

Die glinster soos speke van ‘n fiets wiel,
sy spin haar eie patroon uit haar siel
as dekagoon wat sy aanhou uit katrol
uit haar inwendige silwer blink spil
wat in die wind liggies bewe en tril
tot ‘n insek of mot daar dol rondrol,
sy dit met haar giftige kake verniel.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak