Jongste aktiwiteit:

128 Die Etheree
vir

128 Die Etheree

128 Die Etheree

Die Etheree was omtrent twintig jaar gelede geskep deur die digter Etheree Taylor Armstrong en bestaan uit tien versreëls sonder ‘n vaste metrum wat ook rymloos is. Die eerste versreël het slegs een lettergreep en elke opvolgende versreëls las ‘n verdere lettergreep by sodat die hele gedig uit vyf en vyftig lettergrepe bestaan.

Hier is my poging tot die Etheree:

Pyn (Etheree)

Pyn;
‘n wond
wat rou klop
asof dit geen
soort einde ken nie,
soms brul mense uit in jou,
hartverskeurend in nat traan
op traan in ‘n groot hospitaal;
tog is die oop wond wat liefde laat
onsigbaar en veel dieper en intens.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Marlene Erasmus het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak