135 Die kwansaba
135 Die kwansaba
Die kwansaba is ‘n nie rymende versvorm wat bestaan uit sewe lyne met sewe woorde per lyn waarvan elke woord nie langer as sewe lettergrepe mag wees nie tensy dit ‘n selfstandige naamwoord is. Dit is gebaseer op die “kwanzaa” die Afrika-Amerikaanse vakansiedag wat sewe prinsiepe vier.
Regenald Lockett se gedig “KWANSABA FOR QUINCY TROUPE” is ‘n goeie voorbeeld van hierdie tipe gedig.
Hier is my poging tot die kwansaba:
Op ‘n vlakte staan ‘n ou leeu (kwansaba)
Op ‘n vlakte staan ‘n ou leeu,
fynkam die wêreld met oë en neus,
voor dit strek met naels lank gesprei
met donder brul oor klowe wat galm;
bokke laat losbars in ‘n woeste storm,
ander jonger leeus uitdaag om te kom,
sien hoe welpies aan hulle ma suip.