Jongste aktiwiteit:

137 Decastich
vir

137 Decastich

137 Decastich

Volgens Lewis Turco se boek “Book of Forms” is die Decastich ‘n hele gedig wat uit tien versreëls bestaan en hierdie tipe gedig is suiwer vrye vers (vers libre) sonder enige verpligting tot metrum, versreël lengte of rympatroon.

Carly Svamvour se “The Latest in Ooh La La”, Divena Collins se “Dreams of Love,” “Love Hurts,” “My Faerie Name,” “Eyes Of A Wolf ,” “Waltz of the Flowers”
en Nia Wynne se “Five Minutes,” en “Good Feelings Found,” is goeie voorbeelde van hierdie versvorm.

Hier is van my eie pogings tot die decastich in Afrikaans:

Hoop (Decastich)

Ons lewe in ‘n wêreld waar rampe, oorlog en vernietiging
ons gedurig teister asof die noodlot ons agtervolg,
asof alles in hierdie wêreld buite beheer is
asof die poorte van die hel wawyd oop staan
en ons word soms siek sonder ‘n kans op genesing
en verloor somtyds geliefdes aan die dood
en dit voel soms of ons op die rand van die afgrond leef
maar nog bly die hoop dat dinge beter sal gaan,
dat daar uitkomste met die nuwe môre kom,
asof ‘n gelukkiger toekoms net wag.

Ek het al baie gewonder oor die manne wat die wêreld lei (Decastich)

Ek het al baie gewonder oor die manne wat die wêreld ly,
ek het al baie gewonder oor inhalige manne,
en het gewonder oor hoe die wêreld gaan
onder die mense wat gekies is om op die weg te baan
en oor hulle begeerte vir roem, aansien en eie welvaart,
oor presidente wat nie weifel om ‘n leuen te vertel nie,
oor leiers wat soldate in oorloë instuur
en het gewonder of hulle die nagevolge ooit oorweeg
of is daar iets boos wat ‘n houvas kry op elke groot goeie man,
‘n soort verdorwenheid wat mag gedurig bring?

Jy het gisteraand reguit in my droom ingeloop (Decastich)

Jy het gisteraand reguit in my droom ingeloop
en saam met jou ‘n miriade herinnerings gebring
oor gelukkige tye en oor tye wat hartseer was,
oor gebeure wat ons saam ondervind het
en soms was ons in saligheid
en dit het net soos gister gevoel
wat ons mekaar die eerste keer gesoen het
en saam met jou het die lewe ‘n spesiale soort belofte
asof iets groots net wag om te gebeur
in elke nuwe more.

Dis herfs (Decastich)

Dis herfs en waar die blare af sweef
van die groot ou peper boom
sit jy op die bankie in ons tuin
met ‘n veraf blik op jou gesig
waar jy vêr verby lieflik is
geklee is in ‘n los wit rok,
omhul is deur die brons lig van die son wat sak,
as ‘n swerm mossies en vinke
pik aan die krummels wat jy uitgestrooi het
uit ‘n stuk wit brood.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Marlene Erasmus het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak