Jongste aktiwiteit:

141 Ya’acov se pannekoek gedig struktuur
vir

141 Ya’acov se pannekoek gedig struktuur

141 Ya’acov se pannekoek gedig struktuur

Meraai vannie baai het op die woes forum die volgende reëls neergelê vir Ya’acov se pannekoek gedig:

‘n Beeld word uit die titel geneem. Die woorde moet ‘n konkrete vorm aanneem en die hele gedig moet dus op een versreël pas. Daar is ook alliterasie wat in die oorspronklike gedig voorkom en daarom meen ek dat die hierdie versvorm ook alliterasie moet bevat. Ek merk ook halfrym (assonansie) e n rym op in Ya’acov se oorspronklike gedig en meen dat of assonansie (halfrym) of rym ook in die gedig moet voorkom.

Hier is my beskeie poging tot die pannekoek gedig vorm:

‘n Pannekoek (pannekoek gedig vorm)

(na Ya’acov)

Water, meel en eier gemeng, omgewip, goudgeel gebraai, met kaneel.

[Verwysing: “Pragtige Plat Pannekoek” deur Ya’acov.]




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak